2024/01/01 by Fransjohan Pretorius · 1 voice
Social Sciences · #Education, Leadership, and Health Research #Military, Security, and Education Studies
paper · pdf · doi:10.17159/2224-7912/2024/v64n4a2
openalex publication_date 2024/01/01 · openalex created_date 2025/10/10 · openalex updated_date 2026/05/21
Met hierdie studie word daar gekyk na die rol van die Britse Military Intelligence Division en meer spesifiek sy onderafdeling, die Field Intelligence Department (FID) in Suid-Afrika, tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Daar word gewys op die goeie werk voor die oorlog. Die rol wat die FID in die Britse nederlae van "Black Week" (10 tot 15 Desember 1899) gespeel het, kry vervolgens aandag. Die nederlae van "Black Week" word hoofsaaklik toegeskryf aan die offisiere se gebrek aan waardering vir behoorlike intelligensie deur verkenners en hul ongegronde optimisme oor die vermoëns van hul eie troepe. Met lord Frederick Roberts se vervanging in Januarie 1900 van sir Redvers Buller as opperbevelhebber van die Britse troepe in Suid-Afrika het taktiese intelligensie dramaties verbeter. Die Boere se nuwe tipe oorlogvoering, naamlik 'n guerrillakryg, het nuwe eise aan die Britse oorlogspoging gestel. Lt.kol. David Henderson het as direkteur van die FID 'n groot bydrae tot die doeltreffendheid van die intelligensiestelsel gelewer. Inligting is veral verkry van Boere wat as spioene in die kommando's opgetree het en swart mense. Ten slotte word die waarde vir die Intelligensiediens bepaal van inligting uit enkele Boere-dagboeke wat in hulle hande geval en deur hulle vertaal is.